Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARLNUUS SONDAG 11 NOVEMBER 2007

U luister na ZS6SRL die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Om na oudio via die web, of d.m.v. Echolink deur ZS6FCS te luister, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die koppelings soos aangedui.

Hierdie, en vorige bulletins, kan ook van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vanoggend is Johan,ZS6PSS, vanuit Pretoria met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB asook, 51,400, 438,825 en 1 296 MHz FM in die Pretoriagebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

In die nuus vandag:

HERDENKINGSDIENS VANDAG

WRC-07 GEEN 5 MHz AMATEURTOEKENNING NIE

VYF NAASWENNERS GEKIES IN OPSTELKOMPETISIE

WENNER VAN ARRL-HANDBOEK

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

HERDENKINGSDIENS VANDAG

Die jaarlikse herdenkingsdiens vir radioamateurs wat in diens van Suid-Afrika gesterf het sal vandag 11 November om 10:45 tydens die ARMI-program uitgesaai word. Die diens word waargeneem deur Ds Hannes Enslin, ZS6JDE. Dit sal deur baie stasies in RSA herlei word asook op Echolink via ZS6FCS. Radioamateurs word versoek om radiostilte te handhaaf gedurende die uitsending.

WRC-07 WEEK 3: HF UITSAAIERS MET LEË HANDE, GEEN 5 MHZ AMATEURTOEKENNING

Soos die Internasionale Telekommunikasie-unie se 2007 Węreld Radiokommunikasiekonferensie (WRC-07) in Genčve na die vierde en finale week beweeg, rapporteer Dave Sumner, K1ZZ, Sekretaris van die IARU dat voorstellers van bykomende toekennings vir HF-uitsaaiers die stryd gewonne gegee en aanvaar het dat daar geen bykomende toekennings vir HF-uitsaaiers met hierdie konferensie sal wees nie. Die skrale moontlikheid van ’n 5 MHz toekenning aan die amateurdiens het ook laat Vrydagaand verdwyn.

Die HF-uitsaaiers is die afgelope dekades ’n omstrede kwessie by die ITU-konferensies. Tydens WRC-07, is bykomende HF-uitsaaitoekennings tussen 4 en 10 MHz deur 25 Europese administrasies en ’n paar buite Europa ondersteun maar van elke ander streeksorganisasie sterk teenkanting gekry. Teenkanting vir bykomende toekennings vir HF-uitsaaiers is hoofsaaklik gebaseer op die behoefte om militęre en ander staatsvaste en -mobiele kommunikasie te beskerm, alhoewel van die administrasies wat heftig gekant is teen uitbreiding van die HF-uitsaaiers, self toelaat dat HF-uitsaaiers onder hulle beheer, buite die band in die vaste en mobiele toekennings, uitsaai. Sommige voorstanders van HF-uitsaaiers voorspel dat die onsuksesvolle uitslag van hierdie kwessie op die konferensie gaan lei na nog meer uitsendings buite die bande.

’n Voetnota wat spesifiek magtiging verleen aan owerhede om amateurstasies toe te laat om kolfrekwensies in die 5 MHz omgewing te gebruik is Vrydagaand op die Subwerkgroepvlak bespreek as een van die laaste items aangaande die 4 tot 10 MHz bestek. Die voetnota het nie genoegsame ondersteuning gekry nie en is deur sy borg, die Europese streekorganisasie CEPT onttrek. Dit sal geen effek hę op owerhede wat amateurwerking onder die maatreëls van geen steurings van Radioregulasie 4.4 gemagtig het nie.

Op ’n meer positiewe nota vir radioamateurs, ’n sekondęre toekenning van 135,7 – 137,8 kHz aan die amateurdiens is goedgekeur met die eerste lesing tydens die volle sitting op Vrydagmiddag, 9 November. Hierdie gedenkwaardige gebeurtenis is die eerste keer sedert toekennings gemaak is aan radiodienste, dat die amateurdiens ’n toekenning onderkant die mediumgolfuitsaaiband kry. Die effektiewe datum is nog nie bepaal nie, maar dit sal moontlik die datum van insluiting in die Finale Handeling van die Konferensie wees. Amateurs sal moet wag totdat hulle eie owerhede die nuwe toekennings magtig voordat hulle dit sal kan gebruik. Sommige owerhede het aangedui dat alhoewel hulle nie teen die internasionale toekenning gekant is nie, hulle wel traag is om dit te implementeer weens verskeie steuringskwessies.

Werk gaan voort aan die agenda vir toekomstige WRC’s, tentatief geskeduleer vir 2011 en 2015. Daar is meer voorstelle vir agenda-items vir die volgende konferensie as wat hanteer kan word, dus slegs die wat breë ondersteuning geniet sal ingesluit word. Komiteewerk aan die toekomstige agendas is geskeduleer om teen vroeg volgende week voltooi te wees.

VYF NAASWENNERS GEKIES IN DIE “INTO SPACE WITH AMATEUR RADIO” OPSTELKOMPETISIE

Vyf naaswenners sluit aan by die wenner van die “Into Space with Amateur Radio” opstelkompetisie, Katlego Zabala, ’n leerder by die Sekano-Ntoane Sekondęre skool. Die naaswenners sal elk boustel vir ’n 40 meter Direkte Omskakelingontvanger ontvang. Hulle is: twee broers van die John Vorster Technologiese Hoërskool, Jan Louw Kampman, ZU6JLK, en Rieks Kampman, ZU6HK, Sebastian Cooper van die George Campbell Skool van Tegnologie en Cameron Mckenzie, ’n leerder by die Northwood Seunshoërskool in Durban. Die enigste meisie tussen die naaswenners is Natalie Vermaak, ’n leerder by die Newtonpark Tegniese,Hoërskool in Port Elizabeth. Baie geluk aan die wenners. Die pryse sal oorhandig word sodra die boustelle beskikbaar is. Alle deelnemers sal ’n sertifikaat ontvang wat gedurende die eerste week van Desember gepos sal word.

Die standaard van alle inskrywings was baie hoog. Die leerders het deeglike navorsing gedoen oor hulle gekose vak en vir die beoordelaars ’n moeilike taak gestel om die wenopstel en vyf naaswenners te kies. Die ses opstelle is beskikbaar op die web by www.amateurradio.org.za.

WENNER VAN ARRL-HANDBOEK

Verrassend min inskrywings is ontvang met die ontsyferde geheime boodskap op ZS6SRL se 40 meterbaken. Die gelukkige inskrywing getrek was die van Clive Bean, ZS6AVP. Veels geluk Clive. Vir diegene wat nie GG kan lees nie, die boodskap was: “de zs6srl amateur radio is communications technology in action sarl hmo beacon project is perfect example”.

SARL-TOEKENNINGS

Tjerk, ZS6P, die SARL se Toekenningsbestuurder nooi lede en klubs uit om nominasies vir die volgende SARL-toekennings by die Raad in te dien:

Lewenslange Erelidmaatskap - die SARL se hoogste toekenning;

Willie Wilson Goue-Wapen – toegeken deur die Raad vir uitsonderlike en voortreflike diens aan die Liga;

Jack Twine Toekenning – toegeken aan amateurs wat in die opinie van hul mede-amateurs en die Raad van die Liga, die voorbeeld is van die goeie eienskappe wat 'n radioamateur moet hę;

Arthur Hemsley 2 meter Trofee – toegeken vir uitsonderlike prestasie op AMA of soortgelyke troposferiese voortplanting;

Barney Joel Trofee – toegeken vir die beste vertoning op HF terwyl mobiel;

ICOM Uitmuntendheidstrofee – toegeken aan 'n amateur vir internasionale erkenning verkry vir Suid-Afrika, in die Amateurdiens;

Joseph White Plaak – toegeken vir uitsonderlike prestasies op die 432 MHz-band;

Bert Buckley Sesmetertrofee – toegeken vir individuele prestasie in die 6 meterband.

Die name van die genomineerdes teenoor toekennings, tesame met 'n kort motivering moet gestuur word aan Die Sekretaris, SARL, Posbus 1721, Strubensvallei, 1735 of per e-pos aan secretary@sarl.org.za of per faks aan 088 011 675 2793 voor 16 Februarie 2008.

QSL-BURONUUS

Die QSL-buro verrig 'n baie belangrike diens aan al ons amateurradio-operateurs, veral die wat graag gereëld hul kaarte wil ontvang en versend na ander buro's węreldwyd. Maar, daar is diegene wat hul tyd vrywillig aanbied en opoffer om die kaarte te sorteer, te pak en in koeverte wat voorsien was aan u te stuur.

Die buro kort tans 2 of 3 vrywilligers wat hul dienste wil aanbied om kaarte 2 keer per week te sorteer vanaf Januarie aanstaande jaar. Die tekort is veroorsaak deur dat Ron, ZS6BHH, en Viv, ZS6AAC, na 10 jaar se vrywillige dienste, besluit het om nou 'n bietjie terug te staan. Ons bedank hulle vir die onbaatsugtige diens wat hulle vir radioamateurs in Suid-Afrika gelewer het.

U bereidwilligheid word slegs 2 dae per maand benodig, naamlik die 2de en 4de Dinsdag van elke maand. Dit sal waardeer word dat indien u die leemte kan vul, u vir Francois, ZS6BUU, sal kontak by 011 679 5260 of vir Vee op kantoor sal skakel by 011 675-2393 en u bereidwilligheid sal aantoon.

SARL-HF-VELDDAG

Die tweede been van die SARL se HF-velddag vind plaas oor die naweek van 17 en 18 November 2007. Hierdie GG- en foonkompetisie begin om 12:00 SAT en eindig 24 uur later met werking op 160 tot 10 m. ’n RS- of RST-verslag met S, M of G, afhangend van die klas van deelname, word uitgeruil. Die reëls is beskikbaar in die 2007 SARL-Kompetisieboek.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag sal wees. Die verwagte geomagnetiese veld sal oor die algemeen stil wees behalwe gedurende 14 tot 16 November wanneer die geomagnetiese veld aktiewe vlakke kan bereik. Die verwagte effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees. Die DX-toestande word gelukkig 'n bietjie warmer, veral na Indië en die VSA.

15 m en 20 m is die beste keuse vir DX met moontlike 10, 15 en 20 m-openinge vanaf 08:00 SAT na Indië. Daar is 'n moontlikheid van kort, flou 20 m-openinge na Australië om ongeveer 06:00. Vanaf ongeveer 16:00 is daar moontlike 15 en 20 m-openinge na Europa. Vanaf ongeveer 18:00 is daar moontlike 15, 20 en 80 m-openinge na die VSA. Vir die morsekode- en digitale entoesiaste sal dit lonend wees om 10 MHz te monitor.

Plaaslik gaan toestande gedurende die dag op 40 m goed wees. 30 m behoort goed oor die langer afstande te werk. Verder is dit nou weer die tyd om saans kontakte te maak vir jou 80 m WAZS-toekenning. Dit is nou as die donderstorms en staties vir jou 'n geleentheid gaan gun. Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF jou steeds kan verras. Skakel jou stel aan, luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

KLUBNUUS

Die Wesrand ARK bied `n snuffelmark aan om 08:00 SAT op Saterdag 24 November 2007 by die klubhuis te Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir verdere inligting skakel die voorsitter, Stuart, ZS6OUN, by 082 573 3359 of sbaynes@iafrica.com.

Die Battle Group South het ’n uitstalling by die Militęre museum in Johannesburg op 24 en 25 November. Leon Lessing, ZR6ANA, is op soek na radioamateurs om hom te help met ’n 1980’s langafstandpatrolliekamp en om die radio’s te beman. Daar gaan Duitse, Afrika Korps, Britse en Amerikaanse uitstallings wees, daar mag ook Eerste Węreldoorloguitstallings wees. Kontak asseblief vir Leon as jy kan help of meer inligting benodig, sy telefoonnommer is 082 440 7733.

Die Centurion Radioamateurklub bied ’n Toets-Jou-Radiotoerustingdag, ’n minisnuffelmark en potjiekoskompetisie aan op Saterdag 1 Desember by hul klubhuis in Duncanstraat, Hatfield. Meer inligting in volgende week se bulletin.

DAGBOEK VAN GEBEURE

Vandag – Herdenkingsdiens tydens die ARMI-program vanoggend;
17 tot 18 November - SARL-HF-velddag;
24 November – Wesrand ARK se snuffelmark;
24 tot 25 November - Uitstalling by die Johannesburg militęre museum;
25 November - Integnet aangaande ARRP;
30 November - Sluitingsdatum vir nominasies vir SARL-Raadslede en mosies vir 2008 AJV;
01 Desember – Centurion ARK Toets-Jou-Toerustingdag.

SARLnuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolf luisteraars van belang is in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoriagebied met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590 kHz, te luister. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur Dennis, ZS4BS, saamgestel is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003